Parkeerplek in Hongkong kos N$18 miljoen

‘n Parkeerplek by ‘n luukse ontwikkeling in die The Peak-woongebied in Hongkong is vir byna 18 miljoen Namibiese dollar verkoop. Dit is ‘n nuwe rekordprys en verbeter die vorige rekord met meer as 4 miljoen dollar. Hongkong is oorbevolk en die kostes, veral om ‘n motor te parkeer, is baie hoog. Huurpryse by The Peak is ook baie duur. Verlede maand het ‘n huis in die ontwikkeling ‘n rekord-huurprys van bykans 3 miljoen Namibiese dollar per maand behaal.