Trusted Traveller System op 15 November geïmplementeer

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag die Trusted Traveller System van stapel gestuur wat op 15 November geïmplementeer sal word. Dit bied ‘n digitale platform vir die verifiëring en goedkeuring van die uitslae van Covid-toetse van geakkrediteerde laboratoriums wat vir die siekte toets, asook gesondheidsowerhede by grensposte. Volgens die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, stel die stelsel owerhede in staat om enige bedrog of vervalsing van uitslae vinnig op te merk. Die adjunkdirekteur van gesondheidsinligting in die ministerie , Erwin Nakafingo, sê dit bevorder oorgrenssamewerking in die Afrika-unie.