Malaria-beamptes sal aan hul uniforms, voertuie uitgeken word

Die Namibiese gesondheidsministerie het hul binneshuise malaria-bespuitingsveldtog in die 21 geteikende malaria-distrikte afgeskop. Vanjaar sal die veldtog in die streke van Kavango-Oos en –Wes, Ohangwena en Zambezi, Oshikoto, Otjozondjupa, Omusati, Kunene en Oshana plaasvind. Verlede jaar is 13 600 malaria-gevalle en 40 sterftes aangemeld. Die ministerie se teiken is om malaria teen 2023 heeltemal uit te wis. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, sê reëlings sal met plaaslike tradisionele owerhede getref word. Hy beklemtoon dat beamptes deur hul uniforms en voertuie uitgeken kan word.