Trustco se notering op JSE bly opgeskort

Trustco se notering op die Johannesburgse aandelebeurs bly opgeskort nadat hy nagelaat het om einde Desember sy jaarstate in te dien. Die maatskappy se notering is reeds in November opgeskort nadat die hooggeregshof in Pretoria ‘n appèl van Trustco oor ‘n vorige bevinding van die JSE, dat hy nie aan sy rekenkundige standaarde voldoen nie, afgewys het. Nou het Trustco in gebreke gebly om sy jaarverslag in die vereiste tydperk van vier maande uit te reik. Die maatskappy is al drie jaar in ‘n dispuut met die JSE gewikkel.