Nanso hou vandag nuuskonferensie oor eksamenuitslae

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sal vanoggend om elf-uur ‘n mediakonferensie in die hoofstad hou. Die organisasie sal amptelik sy standpunt oor die onlangse swak eksamenuitslae bekend maak. Die organisasie se inligtingsbeampte, Dorothea Nangolo, sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle soos die res van die land jaar na jaar teleurgestel en woedend oor die hoë druipsyfer is. Nanso wil ook die pad vorentoe bespreek.