Fikile prys Acsa oor vinnige reaksie na brandstof-fiasko

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, het die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika geloof vir sy vinnige reaksie op die onlangse vertragings met die hervulling van vliegtuie by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Duisende reisigers was verlede week ure lank gestrand omdat vliegtuie nie brandstof kon inneem nie. Volgens Mbalula het die lughawe ‘n suksesvolle piekseisoen gehad, ten spyte van die probleem met brandstof.