Trustco se aandeelhouers moet stem oor denotering 

Trustco Group Holdings het sy aandeelhouers versoek om deel te neem aan ‘n nie-bindende raadgewende stemming om van onder meer die Johannesburgse Aandelebeurs, die Namibiese Aandelebeurs en die OTCQX in die VSA te denoteer. Dit volg nadat die Finansiële Dienste-tribunaal in Suid-Afrika onlangs ‘n aansoek deur Trustco om ‘n opdrag van die JSE om sy finansiële state vir die jaar geëindig 31 Maart 2019, sowel as sy tussentydse resultate vir die ses maande geëindig 30 September 2019, vir die JSE te heroorweeg, van die hand gewys het. Aandeelhouers moet voor 6 Desember stem.