AA sê brandstofprys-blaps wek kommer

Die Automobiel-Assosiasie in die buurland sê die departement van minerale bronne en energie se fout met die berekening van die brandstofprys is kommerwekkend. Die departement het aanvanklik aangekondig die prys van petrol styg met 81 sent per liter, maar sê nou dit was ‘n fout en petrol styg met 75 sent per liter. Layton Beard van die AA sê hulle besef foute kan voorkom, maar die invloed wat die brandstofprys op miljoene Suid-Afrikaners het, kan nie onderskat word nie.