Trustco en NamRA spook in April ’23 sake uit

Die hoë-profiel saak tussen die Trustco-groep en die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sal op 11 April volgende jaar weer voor regter Shafimana Ueitele voorkom vir saakbestuur. Die saak het betrekking tot NamRA wat kennisgewings uitgereik het waardeur hy bankrekeninge van die Trustco-groep wou blokkeer het in ‘n poging om meer as 305 miljoen Namibiese dollar in te samel in belasting en rente. Die kennisgewings is op 8 November na ‘n verhoor teruggetrek. Trustco het die dringende aansoek saam met 43 aansoekers in die hoërhof gebring. In ‘n bevel deur Ueitele, na ‘n ooreenkoms tussen die partye, sal NamRA die kennisgewings wat hy uitgereik het terugtrek en geen nuwe kennisgewings uitreik nie, hangende die uitkoms van ‘n aansoek waarin Trustco die hof vra om verskeie bepalings van die belastingwetgewing ter syde te stel. Trustco sê van die bepalings is ongrondwetlik.