Coenie Botha gesels oor FTX-chaos en kripto-geldeenhede

‘n Namibiese kripto-handelaar gee sy reaksie oor kripto-markte wat in chaos gedompel is. Dit volg na die aankondiging dat FTX, ‘n uiters gewilde kripto-beurs, nie net vir bankrotskap aansoek gedoen het nie, maar ook dat daar ongerymdhede was in sy bedrywighede. Kripto-geldeeenhede het almal in die afgelope sewe dae groot verliese gely. Die uitvoerende hoof van CBI, Coenie Botha, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die kripto-kaf moet van die koring geskei word.

Botha het ook gereageer op die dramatiese val van die beurs wat daartoe gelei dat FTX se stigter wat in die Bahamas woon, moontlik na Suid-Amerika gevlug het. Tot dusver word daar berig dat minstens 1 miljard Amerikaanse dollar in kliëntefondse van die platform verdwyn het en dat Bankman-Fried 10 miljard dollar se kliëntefondse aan sy handelsmaatskappy, Alameda Research, oorgedra het.