Regbank reageer op De Klerk-peiling

Die Namibiese kantoor van die regbank het kritiek uitgespreek teenoor wat hy beskryf as ‘n onregverdige aanval op die regbank na ‘n peiling oor vertroue daarin uitgevoer is. In ‘n verklaring deur die uitvoerende direkteur Benhardt Kukuri sê die regbank die vrae in die peiling was misleidend en het reeds ‘n persepsie van korrupsie aan respondente voorgestel. Kukuri spreek ook kritiek teen Eben de Klerk wat die studie uitgevoer het, uit en sê terwyl hy ‘n regskwalifikasie het, praktiseer hy nie en behoort hy beter te weet. Hy het blykbaar kritiek in ‘n onlangse onderhoud met plaaslike media teenoor ‘n hooggeregshof beslissing uitgespreek wat volgens Kukuri op presedent gebaseer was. Kukuri sê die regbank verwelkom kritiek en bly gefokus op dienslewering maar sê so ondersoek moes neutrale vrae bevat het.