Trustco Bank vat Bank van Namibië hof toe

In die nasleep van twee jaar se korrespondensie en dreigemente tussen Trustco Bank Namibia, Trustco Group Holdings en die Bank van Namibië om Trustco Bank Namibia in staat te stel om volle kommersiële bankbedrywighede te betree, en nadat Trust Group Holdings Trustco Bank se balansstaat met 1 miljard Namibiese dollar wou aanvul, was dit deur die Bank van Namibië van die hand gewys, sê die uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen. Hy sê hulle het geen ander keuse gehad as om ‘n mosie in die Windhoekse hoërhof in te dien om verskeie opdragte en besluite wat die Bank van Namibië sedert 25 Julie teen Trustco Bank Namibia uitgevoer het, te hersien. Van Rooyen verduidelik die rede aan Kosmos 94.1 Nuus.