Namibiese damme is saam 77,1% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 77,1 persent vol, teenoor verlede jaar se 79,2 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 85,9 persent vol, met die  Neckartaldam se vlak op 96,9 persent en die Nautedam op 88,8 persent. Altesaam 2,145 miljoen kubieke meter water is uit die Hardapdam vir besproeiing onttrek. Sentrale damme is tans 52,4 persent vol teenoor verlede jaar se 73,1 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak op 45,5 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 18,9 persent vol teenoor verlede jaar se 32,9 persent.