Agra ondersteun Kankervereniging met hul veilings

Agra Auctions is trots om die stryd teen borskanker te ondersteun. Al Agra se Oktober-veilings sal Namibiese produsente die geleentheid bied om by te dra tot ‘n uitstekende doel, waar fondse ingesamel word vir die Kankervereniging van Namibië. Paul Klein van Agra Auctions verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe produsente hul skenkings aan die Kankervereniging kan maak.