Truss neem oor by Johnson

Die voormalige minister van buitelandse sake onder Boris Johnson, Liz Truss, is aangewys as die nuwe eerste minister van die Verenigde Koninkryk. Sy het 81 326 stemme op haar verenig teenoor Sunak se 60 399. Truss neem oor na Johnson in Julie gedwing is om te bedank na verskeie skandale. Truss het te staan gekom teen Rishi Sunak, wat die meeste ondersteuning onder Tory-parlementslede gehad het maar Truss was die voorloper onder gewone partylede. Johnson en Truss sal môre na Balmoral gaan om die koningin te ontmoet vir die amptelike oorhandiging.