Kenia-hof bekragtig Ruto se verkiesing as president

Kenia se hooggeregshof het die verkiesing van William Ruto as president op 9 Augustus in ‘n eenparige besluit bekragtig. Regter Martha Koome, wat die aankondiging gemaak het sê die uitslae van die verkiesing was korrek en regverdig. Ruto, wat sedert 2013 as uittredende President Uhuru Kenyatta se adjunk dien, sal as Kenia se vyfde president ingesweer word op ‘n tyd wanneer die Oos-Afrikaanse nasie verskeie uitdagings in die gesig staar, insluitend miljarde Amerikaanse dollar se lenings en die stygende koste van basiese kommoditeite soos voedsel en brandstof.