Streng sekuriteit word vanjaar met eksamen-vraestelle toegepas

Die Namibiese onderwysministerie sê daar is streng sekuriteitsmaatreëls ingestel vir die jaar se eksamens. Verlede jaar het vraestelle uitgelek wat gelei het tot allerhande vertragings met leerders wat eksamens moes oorskryf. Dit het die ministerie ook miljoene gekos om nuwe vraestelle te bekom. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die ministerie Sanet Steenkamp gepraat.