Privaatsektor het baie mag in klimaatsverandering – Thieme

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid hou saam met die herversekeringsvereniging NamibRe ‘n konferensie oor klimaatsverandering in die privaatsektor. Private maatskappye is van die belangrikste rolspelers omdat hulle energie verbruik, meer as regeringsagentskappe. Sven Thieme, die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep sê daar is baie wat die privaatsektor kan doen om aardverwarming te bekamp.