Trump wil appelleer teen NY-boete
Oudpresident Donald Trump van Amerika gaan appelleer teen die siviele bedrogsaak van 8,77 miljard Namibiese dollar in New York. Hy en top- uitvoerende beamptes in sy maatskappy, insluitend sy twee ouer seuns, is skuldig bevind dat hulle jare lank banke en versekeraars bedrieg het deur hulle bates op finansiële state groter voor te stel om lenings te verseker en ooreenkomste te sluit. Trump se prokureurs sê hulle eis dat ʼn appèlhof vasstel of regter Arthur Engoron regsfoute begaan of sy diskresie misbruik het toe hy vroeër die maand die uitspraak gelewer het. Die oorspronklike boete van 454 miljoen Amerikaanse dollar kry 112 000 dollar se rente by, elke dag.