Trump vra FBI om klopjagte op Biden se huise uit te voer

Oudpresident Donald Trump van Amerika het die FBI gevra om klopjagte uit te voer op President Joe Biden se vele wonings. Dit volg nadat die Withuis bevestig het die departement van justisie gaan dokumente deur wat as geklassifiseerd gemerk is, maar in November verlede jaar in ‘n gesluite kas by die Penn Biden-sentrum in Washington gevind is. Een van Biden se prokureurs het tien dokumente uit die tyd toe hy visepresident was in ‘n persoonlike kantoor gevind. Dit hou verband met Iran, Oekraïne en die Verenigde Koninkryk. Trump staar ‘n ondersoek in die gesig oor geklassifiseerde lêers wat hy na sy huis in Florida geneem het ná sy termyn as President.