JSE beboet Markus Jooste met miljoene

Die Johannesburgse Effektebeurs het die gewese Steinhoff-hoof Markus Jooste met 15 miljoen Suid-Afrikaanse rand beboet, en hom verbied om die volgende 20 jaar die pos van direkteur by enige maatskappy te beklee. Die JSE sê Jooste moet 7,5 miljoen rand betaal omdat hy finansiële state bekend gemaak het wat nie voldoen aan noteringsvereistes nie. Hy moet ook ‘n boete van 7,5 miljoen rand betaal wat verband hou met die uitgee van ‘n fiktiewe faktuur, wat inkomste valslik met 376 miljoen rand oordryf het. Jooste het die JSE ingelig dat hy nie met die besluit saamstem nie en hy daag dit uit.