Krieket: Meer vrae as antwoorde oor Proteas

Krieket: Die Proteas het in hulle laaste twee weg-toetsreekse erg gesukkel, met groot nederlae teen Engeland en Australië. Een van die grootste redes wat aangevoer word is dat Suid-Afrika nie genoeg toetswedstryde speel nie. Daar lê nou twee voor vir Dean Elgar se span teen die Wes-Indiese Eilande in Maart en een toets teen Indië. Die tussentydse afrigter van die Proteas, Malibongwe Maketa, sê hulle raak agter.