Trump verwag hy gaan Dinsdag gearresteer word

Amerikaanse oudpresident Donald Trump sê hy verwag om Dinsdag in hegtenis geneem te word oor ‘n aanklag wat die Manhattan-distriksaanklaer teen hom aanhangig gemaak het. Trump het in ‘n boodskap op sosiale media ‘n beroep op sy ondersteuners gedoen om protes aan te teken. Daar word bespiegel die saak hou verband met betalings wat hy glo aan twee vroue gemaak het oor seksuele verhoudings met hom. As Trump aangekla word, sal dit die eerste strafregtelike saak ooit teen ‘n voormalige Amerikaanse President wees.