Cyril sê hy gaan minder praat en meer doen

President Cyril Ramaphosa sê hy gaan minder praat en meer doen. Ramaphosa het ‘n ANC-vergadering met burgerlike organisasies in die Johannesburgse stadsaal toegespreek. Hy sê hy is gekritiseer omdat hy te lank neem om besluite te neem. Die vergadering is gehou om oplossings te vind vir die talle probleme wat die land in die gesig staar. Ramaphosa het vir die eerste keer erken hy het nooit met die alliansie-vennote oor die aanstelling van die nuwe minister van elektrisiteit beraadslaag nie. Hy sê hy sal besluit wanneer om oorleg te pleeg.