Motorsport: Max Verstappen se renmotor onklaar

Motorsport: Sergio Perez spring in die voorste posisie van die Saoedi-Arabiese Grand Prix weg ná sy Red Bull-spanmaat, Max Verstappen, se motor onklaar geraak het. Verstappen was die oorweldigende gunsteling vir die voorste wegspringplek na hy ál drie oefensessies van Formule Een se vinnigste straatbaan gemaklik gewen het. ‘n Fout met sy motor se dryf-as het veroorsaak dat hy in die 15de plek in vandag se wedren moet wegspring. Fernando Alonso van die Aston Martin-span is saam met Perez in die voorste ry.