Trump sê Twitter is in ‘gesonde hande’

Voormalige president Donald Trump sê Twitter is “in gesonde hande” noudat Elon Musk die sosialemedia-platform amptelik gekoop het. Op sy platform, Truth Social sê Trump hy is bly dat Twitter nie meer bestuur sal word deur radikale linkse gekke en maniakke wat werklik ons land haat nie. Trump is in Januarie 2021 vir ’n onbepaalde tyd van Twitter geskors ná die aanval op die US Capitol deur sy ondersteuners. Twitter en Musk het Donderdagaand die maatskappy oorgeneem en self getwiet, die voël is bevry.