Blade moet bedank, daar’s N$2,5 miljard uit vaardigheidsfonds weg

Die DA het ‘n beroep op die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, gedoen om die na-skool-onderwys en-opleiding-sektor ‘n guns te bewys en te bedank. Dit volg nadat die Nexus-forensiese verslag aan die lig gebring het dat die Nasionale Vaardigheidsfonds se onbevestigde uitgawes vir vaardigheidsontwikkeling teen 2,5 miljard Suid-Afrikaanse rand nie verreken is nie. Chantel King van die party sê almal wat verantwoordelik is vir die growwe wanbestuur en die verkwistende uitgawes moet aanspreeklik gehou word: