All Black sien uit na toets teen Japan

Die kaptein van die All Blacks, Sam Cane, sê hy voel fiks en gereed om in hierdie naweek se toets teen Japan te speel nadat hy van ʼn kopbesering herstel het. Cane het Nieu-Seeland se sleutelwedstryd verlede maand in die Rugbykampioenskap teen Australië misgeloop. Die 30-jarige losvoorspeler is terug in die beginspan met die All Blacks wat gereed maak om hulle toer na die noordelike halfrond more teen Japan af te skop. Die slot, Sam Whitelock en die drie Barrett-broers – Beauden, Jordie en Scott – het vandeesweek te laat in Japan aangekom om vir hierdie wedstryd oorweeg te word.