Trump se kommunikasie platform gesluit

Donald Trump se privaat kommunikasie platform is permanent gesluit. Volgens sy woordvoerder Jason Miller, was dit net een deel van ‘n breër plan waaraan sy span gewerk het. Die platform, From the Desk of Donald J. Trump, is verlede maand van stapel gestuur nadat hy op tradisionele sosiale media platforms verbied is. Volgens Miller, wag hulle net dat die voormalige Amerikaanse president weer toegang tot sosiale media verkry maar, hy het geen verdere besonderhede bekend gemaak nie.