Amper 90% het nie toilette nie

‘n Studie wat deur Development Workship in Windhoek, Karibib, Otjiwarongo, Katima Mulilo, Opuwo en Oshakati uitgevoer is toon dat 88 persent van huise in informele nedersettings geen toilette het nie. ‘n Adviseur vir Development Workshop Stephanie French sê sanitasie het ‘n krisisvlak bereik. Volgens haar het 12 persent van inwoners van die nedersettings toegang tot toilet fasiliteite en die res word gedwing om van die veld en die omgewing gebruik te maak. French sê dit is nie net ‘n bedreiging vir die omgewing nie maar hou ook daadwerklike risiko’s vir die gesondheid van inwoners in. Sy het bygevoeg dat hulle reeds saam met owerhede in agt dorpe werk om inwoners te leer om toilette te bou en te gebruik. Die tweede Harambee welvaartsplan het sanitasie as ‘n prioriteit verklaar.