Numsa lê looneis voor

Loononderhandelings in die buurland duur voort. Die metaalwerkersvakbond Numsa sal vandag sy looneise voorlê aan die metaal- en ingenieursnywerhede se bedingingsraad. Die vakbond vra ‘n algehele verhoging van 15 persent wanneer die huidige ooreenkoms aan die einde van hierdie maand verstryk. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond vra ook dat alle kwessies wat nog uitstaande is binne ses maande afgehandel word.