Trump se bybel-foto by kerk – niemand se regte is geskend nie

‘n Amerikaanse federale regter het die meeste van die klagtes verwerp dat betogers wat hardhandig verwyder is uit ‘n park in Washington se burgerregte geskend is. Die mense is verwilder sodat oud-president Donald Trump na ‘n nabygeleë kerk kon stap vir ‘n fotonemery. Die regter het toegelaat dat die eise teen twee polisiedepartemente wel aangehoor kan word. ‘n Burgerregtegroep wat die betogers verteenwoordig het aan Amerikaanse media gesê die uitspraak deur distriksregter Dabney Friedrich skep ‘n uiters gevaarlike presedent.