Ovaherero vra uitstel vir Rukoro-begrafnis

Die sekretaris-generaal van die Ovaharero tradisionele owerheid professor Mutjinde Katjiua het gereageer op ‘n skrywe van die sekretaris van die kabinet, George Simataa. Simataa het die owerheid gemaan om die regulasies in verband met ‘n Covid-sterfte na te kom. Katjiua het vroeër aangekondig dat die ontslape opperhoof Vekuii Rukoro eers volgende jaar begrawe sal word. Simataa het die owerheid daaraan herinner dat begrafnisse binne sewe dae na die sterfte moet plaasvind met net tien roubeklaers en kos moet op ‘n wegneembasis bedien word. Katjiua het aan Simataa gesê die owerheid het uitstel aangevra by die gesondheidsministerie.