Trump se belastingrekords vir eers veilig

Die Amerikaanse Hooggeregshof het ‘n tydelike bevel uitgereik wat Demokrate in die Huis verbied om oudpresident Donald Trump se belastingrekords in die hande te kry. Trump het in die hoogste hof geappelleer nadat ‘n laer federale hof die weg gebaan het dat die interne inkomstediens sy belastingdokumente oorhandig aan ‘n komitee van die Huis van Verteenwoordigers wat sy finansies ondersoek. Trump se prokureurs voer aan die geskil met die Demokrate in die Huis oor sy rekords, lei tot vrae oor skeiding van magte wat presidente in die toekoms sal raak. Hy is die enigste president die afgelope 40 jaar wat nie sy belasting wil bekend maak nie.