Trump se belastingopgawes gaan bekend gemaak word

Amerikaanse oudpresident Donald Trump het nog slegte nuus gekry nadat die meerderheid van die komitee in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers vir die bekendmaking van sy belastingopgawes gestem het. Dit beken ses jaar se belastingopgawes sal openbaar gemaak word, wat ‘n blik op sy geldsake sal bied. Altesaam 24 lede van die Ways and Means-komitee het ten gunste van die bekendmaking gestem en 16 daarteen. Die datum vir die publisering van die dokumente is egter nie gegee nie. Amptenare sal na verwagting ‘n paar dae nodig hê om die dokumente van 2015 tot 2021 te verwerk en persoonlike inligting te verwyder voordat dit bekend gemaak word