Junior Ranger-kursus van Isap weer ‘n reuse-sukses

 Die derde Junior Ranger-kursus wat vanjaar deur Intelligence Support Against Poaching aangebied is, word as ‘n reuse-sukses deur Isap se uitvoerende hoof, Fritz Kaufmann, beskryf. Altesaam nege seuns en vier meisies het  die kursus vanaf 9 tot 16 Desember op die Isap-geriewe noordwes van Okahandja bygewoon. Roger Fabach, bestuurder van ASDiA, het vir die tweede keer 10 000 Namibiese dollar aan Isap geskenk. Kaufmann sê dié keer is die geld gebruik om kinders te ondersteun van ouers wat dit nie kan bekostig om hul kinders vir die kursus te stuur nie. Isap het weer eens twee kinders uit minderbevoorregte gesinne geborg om deel te neem.