SA vervoerminister moet veiligheid van busbestuurders en passasisers verseker

Die hooggeregshof in Makhanda in die Oos-Kaap het die vervoerminister, Fikile Mbalula, beveel om met ʼn aksieplan vorendag te kom om die veiligheid van langafstand-busbestuurders en passasiers te verseker. Busse van Intercape is steeds onder beleg, na bewering deur taxi-operateurs. Die hof het op 30 September bevind Mbalula en die provinsiale LUR het misluk in hulle verpligting om die veiligheid van bestuurders en passasiers te verseker. Die hof het beslis die bevel van September is afdwingbaar en het Mbalula 20 dae gegee om met ʼn doeltreffende plan van aksie vorendag te kom.