Trump-raadgewer aangekla na weiering om oor 6 Jan. te praat

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se gekose komitee wat die 6 Januarie-aanval op Capitol Hill ondersoek, het eenparig voorgestel dat Donald Trump se voormalige raadgewer Steve Bannon van dwarsboming van die gereg aangekla word. Bannon het onder leiding van Trump geweier om voor die komitee te getuig of dokumente beskikbaar te stel. Indien hy skuldig bevind word, kan hy een jaar tronkstraf, ‘n boete, of albei opgelê word. Komiteevoorsitter, Bennie Thompson, sê dit is belangrik dat Bannon se feitelike en volledige getuienis aangehoor word: