Bouplanne neem effe af in September

Bouplanne vir September wat deur Stad Windhoek goedgekeur is, is deur IJG Sekuriteite bekend gemaak. Die stad het 228 bouplanne in September goedgekeur, 9,9 persent minder as die goedgekeurde planne vir Augustus. Die waarde van die goedkeurings het ook afgeneem met 2,2 persent en is op 158,1 miljoen Namibiese dollar gemeet. Tot op hede, was daar 1 819 goedgekeurde planne met ‘n waarde van 1,41 miljard Namibiese dollar. Vergeleke met verlede jaar, is daar 14,4 persent meer planne goedgekeur en die waarde is 16,1 persent hoër. Verlede jaar is gekenmerk deur inperkings, ook in die konstruksie-bedryf.