Black Friday sal ekonomie stimuleer, mits verbruikers geld het

Black Friday is om die draai en kan dalk vanjaar anders wees weens die impak van die Covid-pandemie op die ekonomie. Die dag, wat gekenmerk word deur groot uitverkopings, vind gewoonlik op die laaste Vrydag van November plaas. Die Namibiese ekonoom, dr. John Steytler sê die spesiale aanbieding op Black Friday sal kontantvloei stimuleer en goed wees vir die ekonomie.