Trump probeer ondersoek keer

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het ‘n mosie ingedien dat ‘n spesiale kenner aangewys word om die dokumente te bestudeer waarop die FBI vroeër die maand by sy Mar-a-Lago-woning in Florida beslag gelê het. Meer as 300 dokumente wat as geklassifiseerd gemerk is, is van sy landgoed verwyder. Volgens die land se nasionale argief en die Departement van Justisie mag hy nie die dokumente uit die Withuis geneem het met sy uittrede nie. Trump se regspan sê dis onredelik om die vervolgingspan toe te laat om die dokumente deur te gaan sonder behoorlike veiligheidsmaatreëls.