Man-U klop Liverpool op Old Trafford

Manchester United het gisteraand op Old Trafford hulle eerste Premierliga-sege van die seisoen behaal toe hulle Liverpool met twee-een geklop het. Jadon Sancho het die tuisspan in die 16de minuut ‘n voorsprong gegee voordat Marcus Rashford die tweede doel geskop het. Mo Salah het ‘n doel bygedra vir die besoekers, maar dit was nie genoeg nie en United het geseëvier met hulle eerste oorwinning onder die nuwe bestuurder, Erik ten Hag. Hy sê hy is tevrede met die prestasie, maar sy spelers kan nog beter doen: