Trump-organisasie skuldig aan belastingbedrog

ʼn New Yorkse jurie het die Trump-organisasie in ʼn belastingbedrogskema van 15 jaar skuldig bevind op talle aanklagte van strafregtelike belastingbedrog en die vervalsing van sake-rekords. Die Manhattan-distriksaanklaer, Alvin Bragg, sê die maatskappy het weggekom met ʼn skema waar hooggeplaaste uitvoerende hoofde ruim voordele en vergoeding ontvang het terwyl dit doelbewus vir owerhede weggesteek is om belasting te ontduik. Oudpresident Donald Trump se familiemaatskappy kan nou ʼn boete van sowat 27,71 miljoen Namibiese dollar verwag wanneer vonnisoplegging in middel-Januarie plaasvind.