Bank Windhoek se Appel-projek se fondse vandag oorgehandig

Bank Windhoek, wat reeds jare lank die Namibiese Kankervereniging ondersteun, sal vandag die oorhandiging van die fondse, wat deur middel van sy appelprojek ingesamel is, doen. Die vereniging was vanjaar baie besig met nie net fondsinsameling nie maar ook verskeie landwye uitreikprojekte. Die hoof uitvoerende beampte Rolf Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.