Trump-organisasie gaan appelleer

Die Trump-organisasie sê hy gaan appelleer teen die bevinding dat die maatskappy skuldig is aan belastingbedrog. Amerika se oudpresident Donald Trump se eiendomsmaatskappy is daaraan skuldig bevind dat sy top- uitvoerende beamptes meer as ‘n dekade lank voordele ontvang het wat nie in die boeke aangeteken is nie. Die maatskappy sê dis belaglik dat hy verantwoordelik gehou word vir die optrede van werknemers wat hulleself op hul eie belastingaanslag bevoordeel het. Trump sê hierdie saak is ‘n voortsetting van die grootste politieke heksejag in Amerika se geskiedenis.