Trump moet voor Jan. 6-komitee verskyn… dalk

Die komitee wat die opstand op 6 Januarie verlede jaar by die Capitol in Washington ondersoek, het ‘n dagvaardiging vir oudpresident Donald Trump uitgereik om voor die komitee te getuig. Hy moet sy dokumente teen 4 November indien en op die 14de November verskyn. Dit volg na die komitee eenparig daarop besluit het en op 14 Oktober het die voorsitter Bennie Thompson, en sy adjunk, Liz Cheney dit so bekend gemaak.

Maar, die VSA se middeltermyn verkiesing vind op 8 November plaas en sou die Republikeine die Huis van Verteenwoordigers oorneem sal die komitee ontbind word. Intussen is Steve Bannon, ‘n goeie vriend van Trump tronkstaf van vier maande en ‘n boete van 6 500 Amerikaanse dollar opgelê omdat hy geweier het om voor die komitee te verskyn. Hy appelleer teen die vonnis.