Namibië se adjunk Nampol-hoof verkies tot Interpol-komitee

Die Namibiese polisie se adjunk-inspekteur-generaal, Anne-Marie Nainda, is saam met en Alaan Mohamed Abdalah Ragab van Egipte verkies om op Interpol se uitvoerende komitee te dien. Die adjunk-minister van polisie in Suid-Afrika, Cassel Mathale, sê dié stap sal samewerking met Suid-Afrika, die SAOG-streek en die vasteland bevorder om oorgrens georganiseerde misdaad soos aanlyn-kinderuitbuiting, ontvoering, dwelmhandel, handel in wildprodukte en stropery, sowel as kubermisdaad, asook finansiële misdade, te bekamp.