Trump moet voor 6 Januarie-komitee verskyn

Die komitee wat die opstand op 6 Januarie verlede jaar by die Capitol in Washington ondersoek, het sy laaste openbare verhoor gehou. Die voorsitter Bennie Thompson, en sy adjunk, Liz Cheney het afgesluit met die nuus dat hulle oud-president Donald Trump sal dagvaar om voor die komitee te verskyn.

Steve Bannon, ‘n goeie vriend van Trump het geweier om voor die komitee te verskyn en is skuldig bevind aan twee klagte van minagting van die kongres. Hy word op 21 Oktober gevonnis en kan tussen 30 dae en ‘n jaar agter tralies kry vir elke klag.