Namibiese agentskap vir kuberveiligheid gaan gevestig word

Die Namibiese regering het onderneem om ‘n agentskap te skep om die plaaslike kommunikasienetwerk se sekuriteit te verskerp en die land se kwesbaarhede vir kuber-aanvalle te evalueer. Ronel le Grange van die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sê alle relevante belanghebbendes is betrek om te verseker dat ‘n volwaardige Namibiese Nasionale Sekuriteit- en Kuberspan te vestig, wat toesig sal hou oor die hantering van kuber-voorvalle in Namibië. Dit volg nadat Namibië se punt.na-domein ‘n tegniese fout tydens die opgraderingstelsel ervaar het, wat vrese vir kubersekuriteits-oortredings laat ontstaan het.