President van Saharawi-republiek besoek Ramaphosa

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa ontvang Dinsdag die President van die Saharawi Arabiese Demokratiese Republiek, Brahim Ghali, by die Uniegebou in Pretoria op ‘n staatsbesoek. Volgens die presidensie is die doel van die besoek om die bestaande politieke betrekkinge te versterk. Die presidente sal ook menings uitruil oor onlangse verwikkelings wat verband hou met die vraag oor Wes-Sahara. Dit sluit in die mobilisering van streeks-, vastelandse en internasionale ondersteuning om ‘n volhoubare oplossing vir die konflik in die gebied te vind.